Photo de l'auteur
18 oeuvres 54 utilisateurs 2 critiques

A propos de l'auteur

Œuvres de Marie Heese

Die Uurwerk kantel (1976) 8 exemplaires
Maestro (2016) 6 exemplaires
The Owl Critic 3 exemplaires
A Triple-headed Serpent (2012) 3 exemplaires
The New Owl Critic (1988) 2 exemplaires
Vuurklip (2013) 2 exemplaires
Tyd van Beslissing : 'n Roman (1983) 1 exemplaire
Karoo-Kantate (2013) 1 exemplaire
The Colour of Power 1 exemplaire
The Double Crown 1 exemplaire
The Owl Critic 1 exemplaire
Haiku for Africa (1997) 1 exemplaire

Étiqueté

Partage des connaissances

Membres

Critiques

Die Uurwerk Kantel - 'n mooi naam vir 'n boek. Sommer net oor hoe dit klink, so het ek gedink, voordat ek eens geweet het waaroor dit gaan. En toe ek voorin lees dat die skryfster dit geleen het by die digter N.P. van Wyk Louw, het dit vir my sin gemaak.

'n Heel gepaste naam vir 'n boek wat handel oor die verloop van tyd:- die verloop van 'n enkele lewe van 'n enkele mens, met net hier en daar skraps raakpunte met die groter algemene verloop van die geskiedenis. Dit was vir my slim gedoen hoe die geskiedenis net so terloops in die storie ingeweef is. En dit het my nogal laat dink hoe almal se onbenullige ou lewetjies afspeel terselfdertyd as die groter gebeure van die tyd waarin hulle lewe. En hoeveel mense, soos Maria, sterf in 'n wêreld wat heeltemal anders is as die wêreld waarin hulle gebore is?

Die boek is in mooi Afrikaans geskryf. Ek sit en huiwer tussen 4 en 3 sterre. Vir die taal wil ek 5 toeken, maar Maria se storie was vir my hier en daar effe onbevredigend. Die verhaal versnel teen die einde. Dis seker hoe dit ook is vir 'n mens:- jou jeug onthou jy in die fynste besonderhede. Maar dan, hoe ouer jy word, snel die jare al hoe vinniger en vinniger verby. Nogtans het dit my gepla dat sommige karakters 'n groot rol speel, en dan later in Maria se lewe, sonder enige waarskuwing van die toneel af verdwyn. Ek dink hier veral aan Trui.

Anders as vir baie ander, was hierdie nie een van my voorgeskrewe werke op skool nie. Die dat ek nou eers by hom uitkom. Bly ek het dit gelees. Dit was die moeite werd en ek kan dit aanbeveel vir enigeen wat lus het om mooi Afrikaans te lees.
… (plus d'informations)
 
Signalé
pengvini | Mar 30, 2013 |
Ai, is ek dankbaar teenoor wie-ookal se idee dit was om vir oulaas 'n bundel van Audrey Blignault se skryfsels uit te gee!

Sy skryf oor die alledaagse, maar met soveel deernis en lewensvreugde. Dit laat 'n mens sommer met ander oë na die lewe en die wêreld rondom jou kyk. En dan die taal, o die taal! So 'n heerlike Afrikaans waarin 'n mens jou net kan verlustig.

Ek het heel snoep tegelykertyd aan hierdie boek en aan 'n Blywende Vreugde gelees:- bietjies-biejies sodat die lekkerte so lank as moontlik kon uitrek. En noudat ek eenkant deur as kan ek weer vóór begin. Audrey Blignault vir my die één skrywer wie se werk ek oor en oor kan lees. Veral op die dae wanneer die verlange my pak, kan 'n stukkie uit Audrey se bundel my sommer weer opvrolik.


… (plus d'informations)
 
Signalé
pengvini | Mar 29, 2013 |

Prix et récompenses

Statistiques

Œuvres
18
Membres
54
Popularité
#299,230
Évaluation
4.0
Critiques
2
ISBN
28
Langues
1

Tableaux et graphiques